Wie is ons?

Wie is ons ?

Ons nooi jou saam op hierdie ontdekkingstog om lees saam met jou kind of leerders in jou klas te verken. Byna alles wat ons doen behels lees. 
Hoe meer gevorderd die samelewing raak, hoe belangriker word leesvaardighede. Daarom wil ons daarna streef om lesers te kweek en lees te onderrig. Ons poog daarin om ‘n liefde vir lees te bewerkstellig, selfs nog voordat die leerders kan lees.

NOVAE se storie- en leesreeks is ‘n taalontwikkelingsreeks waar leerders egter gelei word om te sien dat ‘n woord uit klanke en letters bestaan. Leerders wat woorde klank word bemagtig om dus nuwe, onbekende woorde te ontsluit en dan te kan lees. Die reeks bestaan uit realistiese, meevoerende stories waarmee die jong kind homself kan vereenselwig. 
Dit behels allerdaagse gebeure wat in ‘n kind se leefwêreld afspeel.

WIE IS 
ANEL UBBINK

WIE IS ANEL UBBINK

BESTURENDE DIREKTEUR

Anel Ubbink is die besturende direkteur van Novae boeke se storie- en leesreeks. Sy werk tans vanaf haar tuisateljee in Pretoria.
Die ondervinding wat sy in 2010-2017 by verskeie skole opgedoen het, het haar laat besef dat dit haar eintlike roeping is om ‘n liefde vir lees by kinders te kweek en dit was die groot dryfkrag agter die ontstaan van die Novae leesreeks.
Sy vind passie in die skep van visuele dinge en is lief daarvoor om inspirasieborde vir Pippa en Pol stories saam te stel. Sy het altyd geweet dat kreatiewe denke 'n belangrike rol in haar lewe sou speel, maar was nie seker waar haar talente haar sou neem nie. Sy kan maklik met mense kontak maak en tevredenheid vind deur kliënte te help om 'n groter visie te verwesenlik.

Anel Ubbink is die besturende direkteur van Novae boeke se storie- en leesreeks. Sy werk tans vanaf haar tuisateljee in Pretoria. Die ondervinding wat sy in 2010-2017 by verskeie skole opgedoen het, het haar laat besef dat dit haar eintlike roeping is om ‘n liefde vir lees by kinders te kweek en dit was die groot dryfkrag agter die ontstaan van die Novae leesreeks. Sy vind passie in die skep van visuele dinge en is lief daarvoor om inspirasieborde vir Pippa en Pol stories saam te stel. Sy het altyd geweet dat kreatiewe denke 'n belangrike rol in haar lewe sou speel, maar was nie seker waar haar talente haar sou neem nie. Sy kan maklik met mense kontak maak en tevredenheid vind deur kliënte te help om 'n groter visie te verwesenlik. Anel behartig ook die uitleg van elke boek.

WIE IS 
MONIQUE JANSSENS

WIE IS MONIQUE JANSSENS

SKRYWER

Monique Janssens is die skrywer en direkteur van Novae boeke, beter bekend as Pippa en Pol se storie- en leesreeks. Sy was vir 27 jaar ‘n grondslagfase onderwyseres vir Graad R en
 Graad 1 leerders onderskeidelik.
Tans is sy die voltydse skrywer vir Novae se storie- en leesreeks. Skryf, taal en lees is van haar grootste passies en dit is vir haar lekker om dit te kan uitleef.
 “Dankie aan al die kinders waarvoor ek skoolgehou het wat my grootste inspirasie agter al my stories is. Julle is die eintlike sterre van
 Pippa en Pol."
  -Monique Janssens-

Monique Janssens is die skrywer van Novae boeke se Graad 1 reeks, beter bekend as Pippa en Pol se storie- en leesreeks. Sy was vir 27 jaar ‘n grondslagfase onderwyseres vir Graad R en Graad 1 leerders onderskeidelik.
Skryf, taal en lees is van haar grootste passies en dit is vir haar lekker om dit te kan uitleef.

 “Dankie aan al die kinders waarvoor ek skoolgehou het wat my grootste inspirasie agter al my stories is. Julle is die eintlike sterre van Pippa en Pol.”
         -Monique Janssens-

WIE IS 
AMMIE MISKE

WIE IS AMMIE MISKE

ILLUSTREERDER

Amme Miske is 'n 22-jarige Suid-Afrikaanse illustreerder en kunstenaar. Sy was bevoorreg om vir jare deur wyle Alex van Houwelingen gementor te word. Sy beskou haarself as hardwerkend en ywerig, en sy kom sperdatums na. Sy is baie veelsydig met betrekking tot haar styl, veral in tekenprojekte. Kliëntetevredenheid is my top prioriteit. Haar illustrasies word in boeke oor die hele wêreld gepubliseer.
Amme Miske is 'n 22-jarige Suid-Afrikaanse illustreerder en kunstenaar. Sy was bevoorreg om vir jare deur wyle Alex van Houwelingen gementor te word. Sy beskou haarself as hardwerkend en ywerig, en sy kom sperdatums na. Sy is baie veelsydig met betrekking tot haar styl, veral in tekenprojekte. Kliëntetevredenheid is haar top prioriteit. Haar illustrasies 
word in boeke oor die hele wêreld gepubliseer.

WIE IS 
MICHELLE 
VAN JAARSVELD

WIE IS MICHELLE VAN JAARSVELD 

SKRYWER EN TAALVERSORGER 

‘n Passie vir lees en skryf dryf nog altyd Michelle se lewe en besluite, en nou geniet sy dit om dié liefde vir geskrewe dinge te help kweek by jong lesers. Na skool het sy ‘n BA graad in Tale met spesialisering in Engelse Studies verwerf vanaf die Universiteit van Pretoria. Na jare se ondervinding in taalversorging en vertaling het sy uiteindelik die sprong geneem om te begin skryf – met groot waardering om hierdie geseënde pad saam met Novae te kan stap

JACOLENE DU PLOOY

WIE IS JACOLENE DU PLOOY

SPELTERAPEUT EN SKRYWER

Jacolene du Plooy is ‘n skrywer en spelterapeut van Pretoria. Haar passie is om kinders te bemagtig met die vaardighede om emosioneel intelligent en sosiaal bekwaam te wees. Sy glo en weet uit ondervinding dat kinderboeke ‘n baie effektiewe hulpmiddel is om nie net ‘n liefde vir lees en die geskrewe taal te kweek nie maar ook om sosio-emosionele vaardighede vir kinders aan te leer. Jacolene is ‘n ma van twee tieners en die slaaptydstories wat sy vir hul moes opmaak bied steeds inspirasie vir die stories wat sy vandag skryf.
Jacolene het ‘n BA graad in Sielkunde en Engels, ‘n Honneursgraad in Sielkunde en het in 2008 ‘n Meestersgraad in Spelterapie verwerf.

“Lees is jou magtigste vaardigheid.”

Share by: